Musiekbediening

Waterkloof AGS het ‘n musiekspan wat die gemeente deur musiek in aanbidding lei, hoofsaaklik tydens ons dienste op Sondagoggende. Die musiekspan se visie is NIE om ‘n professionele,¬† foutlose¬†vertoning met slegs die beste sangers en musikante op die verhoog te stel nie. Eerder streef ons daarna om ‘n opregte aanbiddingsmoment deur musiek en sang te skep wat passievol en spontaan is en mense instaat stel om op Jesus te fokus.

Ons liedjies tydens ‘n diens is ‘n balans tussen ouer en nuwer,¬† Afrikaans en Engels.

Ons is altyd oop vir nuwe lede wat saam met ons in die span wil dien. Waardes wat ononderhandelbaar vir ons is, is lojaliteit, opregtheid, betroubaarheid en passie.

Ons oefen op Donderdagaande 19:00 – 20:30.