Pienkvoete

Picture3Die Pienkvoete is ’n ondersteuningsgroep vir mammas met kleingoed onder 4 jaar oud. Indien jy deel van so ‘n groep wil wees, kontak ons asseblief.

Die Pienkvoete gee in die besonder om vir mammas wat nuwe babas kry. Hulle doen baie moeite om vir die nuwe mamma en baba in die hospitaal te gaan kuier, of so gou moontlik nadat hulle uit die hospitaal ontslaan is.

Die Pienkvoete sorg ook dat die nuwe baba ’n spesiale boek-geskenkie kry op die dag waarop hy/sy aan die Here toegewy word. Hierdie boekie herinner die mamma en die baba dan altyd aan hierdie spesiale geleentheid. Indien die familie baie groot is, kan die mamma ook versoek, om van die kerkgeriewe gebruik te maak op die Sondag wanneer die baba toegewy word.