Janke du Plessis

Janke du Plessis het in 2007 die eerste keer Jesus Christus ontmoet. Hy is getroud met Gerdalie.  Hy het ‘n passie daarvoor om jongmense te ontwikkel en is tans medeleraar en doen Horison wat ons jeugbediening is. Janke het sy Honneurs in Teologie gedoen by BTC (Baptist Theological College) en sien sy Meestersgraad op die horison.

Hy is van die oortuiging dat jongmense vandag nie meer die Woord van die Here ken nie en dus het hulle deur slegte voorbeelde ‘n prentjie gevorm oor wie God is.  Janke se doelwit is nie net om die jongmense te laat voel dat hulle almal welkom is nie, maar ook om die kinders te leer wie God is deur Sy Woord en sodoende hulle te help groei in die kennis, liefde en ervaring van God.

Janke is kreatief en hou baie van die kunste.  Hy is mal oor musiek en het ‘n passie vir dromme en om die Here daarmee te loof. Hy was ook al in verskeie uitreike betrokke (Botswana; Zululand en Zimbabwe) waar hy die woord van die Here gaan verkondig het.