Johan Serfontein

DSC_2182Johan is die leier van die gemeente en die span. Hy is getroud met Anette en het twee kinders, Nohan (21) en Nanette (17). Johan het ‘n doktorsgraad van UNISA in Bybelkunde en hou daarvan om op ‘n relevante manier die Bybel te verduidelik. Hy glo dat humor baie effektief is om lewenswaarhede oor te dra. Daarom is sy kommunikasie ook gevul met “lekker-luister”- en “lekker-lag oomblikke”.
Vir hom is die plaaslike gemeente onmiskenbaar in die verandering en verryking van lewens. As hy nie aan hierdie droom werk nie, leef hy hom uit op sy fiets en by sy huis met kosmaak – veral as dit op die vuur is of Italiaans van aard is.