Willie Wessels

Willie Wessels is reeds sedert 1990 by die bediening in Waterkloof gemeente betrokke. Hy is getroud met Gerna en het twee volwasse kinders wat albei in die ouditeursberoep is. Hy het sy BD graad aan Tukkies behaal, waarna hy sy nagraadse studies aan UNISA voltooi het. Hy het ‘n groot liefde vir die Ou Testament, veral die profetiese literatuur. Sy proefskrif het dan ook oor Jeremia gehandel. Willie is ‘n aktiewe deelnemer aan verskillende Bybelvertalingsprojekte. So was hy betrokke by die vertaling van ‘n aantal boeke in die Boodskap, asook in die Nuwe Lewende Vertaling.

Willie se passie is dat mense se lewens positief moet verander. Vir hom is die mens nie in kompartemente ingedeel nie, maar word ‘n mens se HELE bestaan bepaal deur jou verhouding met die Here. Hy voel baie sterk daaroor dat mense deur die Kerk toegerus moet word om aan die eise van vandag se lewe te voldoen. ‘n Mens se hele lewe is ‘n dag-tot-dag saamstap met die Here.

Om te reis is vir hom baie lekker. Weens sy akademiese betrokkenheid kry hy gereeld geleentheid om lesings by oorsese kongresse en konferensies te lewer. Hier lewer hy ‘n belangrike bydrae by Internasionale Pinkster Assosiasies as een van min Suid-Afrikaners. Naas sy liefde vir reis, is hy ook baie lief vir enige soort sport. Soos meeste Suid-Afrikaanse mans het hy ‘n groot voorliefde vir rugby.