Thembelisha Kinderhuis

Die Tembelisha (wat Nuwe Hoop beteken) kinderhuis in Mamelodi huisves 12 kinders wat ingevolge die bepalings van die kinderwet daar geplaas is.  Hierdie kinderhuis is deel van uMephi – voorheen bekend as die AGS Welsynraad.
Ons gemeente is vir die afgelope paar jaar  op verskillende maniere by  hierdie kinderhuis betrokke. Hul grootste behoefte is aan uitstappies – ons het al saam met hulle piekniek gehou, hulle dieretuin toe geneem en ook saam met hulle gaan fliek. Hulle het ook al ons tieners by Horison besoek vir ‘n video-aand. Ons het ook al vir die kinders by ‘n paar geleenthede klere gekoop. Daar was ook al skenkings van ‘n yskas, blinders, matte en plaveisel.  Daar is ook individue in die gemeente wat vir die kinders per geleentheid ‘n geskenkie met ‘n verjaardag stuur.
Hierdie kinders het nodig om die liefde van die Here te ervaar, want hulle het nog net verwerping in hul lewens beleef. Ons gemeente speel ‘n geweldige groot rol daarin om Christus se liefde vir hulle op ‘n tasbare manier oor te dra.