Jurie O’Connell

Jurie is een van die medeleraars wat help om die visie van die gemeente uit te bou. Hy het ‘n hart vir mense en het ondervinding in alle areas van die bediening.  Sy vrou Freda, wat ook ‘n passie vir mense en die werk van die Here het, is sy steunpilaar. Hulle het twee kinders, Monique (18) en Jurie (15).

Jurie het ‘n herdershart en hou daarvan om mense se lief en leed met hulle te deel. Wanneer hy ontspan, spandeer hy tyd in die natuur en kyk graag sport.