Sonskynhoekie Plakkerskamp

Sonskynhoekie is geleë in ‘n landelike gedeelte van Pretoria genaamd Grootvlei. Die plot huisves hawelose gesinne wat geen ander heenkome het nie. Ons gemeente is betrokke by hierdie gemeenskap in terme van skenkings. Ons het ook onlangs die gemeenskap bedien met ‘n kerkdiens in Afrikaans, hul moedertaal, worsbroodjiebraai en saam kuier geleentheid. Die doelwit van hierdie soort uitreike is om ons gemeentelede en lede van hierdie gemeenskap bymekaar te bring, sodat verhoudings gebou kan word en lewens aan beide kante verander en verryk kan word. Die gemeenskap het groot behoefte aan saad en bemesting vir hulle groentetuine, sowel as nie-bederfbare kos, klere, werksgeleenthede en geselskap. Indien u hier betrokke wil raak, kontak pastoor Jurie O’Connell vir meer inligting. Sy kontakbesonderhede kan gevind word by die “Kontak ons” skakel.