
Welkom by ons familie!
Baie welkom by Waterkloof AGS. Dit is so lekker dat jy ons webtuiste besoek en meer inligting van ons gemeente soek. Ons gemeente is geleë in die Ooste van Pretoria en is ook deel van die AGS van Suid-Afrika.
As gemeente en leierskap strewe ons daarna om elke Jesus-volgeling toe te rus vir die reis saam met Christus deur middel van ‘n persoonlike verhouding met Hom. ‘n Persoonlike verhouding wat gefokus is op ons drie kernwaardes: evangelisasie, dissipelskap en rentmeesterskap.
Kyk gerus deur ons webtuiste indien jy graag wil meer weet van ons gemeente en indien jy graag wil aansluit by een van ons dienste.
Om die nuwe ten volle in ons lewens te ontvang moet ons die oue laat gaan.
Jou karakter is belangriker as jou gemak.
Ons kan nie altyd alles beheer nie, maar ons kan kies om alles aan God oor te gee.
‘n Doel sonder ‘n plan is net ‘n wens.