Maak ‘n verskil deur lewensverandering en -verryking.

Ons Filosofie

Ons is ‘n gemeente met ‘n progressiewe benadering ten opsigte van ons aanbieding. Ons aanbidding wat uitdrukking vind in onder ander ons samesang is ‘n mengsel van Afrikaans en Engels wat wissel van klassiek tot meestal meer modern. Die prediking is gegrond op die Bybel en hoe dit ons alledaagse lewe kan raak. 

Ons belewenis is groot genoeg dat jy kan kom ondersoek instel sonder om blootgestel te voel en klein genoeg dat jy raakgesien sal word, as jy wou.

Ons Visie

Ons visie is om ‘n verskil te maak in mense se lewens deur hulle te begelei om ten volle toegewyde Jesus-volgelinge te wees. 

Hierdie proses begin by EVANGELISASIE (uitreik na almal wat soekend is), dan die proses van DISSIPELSKAP (wat jou wys hoe om Jesus te volg) en dan RENTMEESTERSKAP (waar ek besef ek is ‘n bestuurder van die tyd, gawes, talente en geld wat God my gegee het).