Wie is Ons?

Ons is ‘n gemeente met ‘n progressiewe benadering ten opsigte van ons aanbieding. Ons aanbidding wat uitdrukking vind in onder ander ons samesang, is ‘n mengsel van Afrikaans en Engels wat wissel van klassiek tot modern. Die prediking is gegrond op die Bybel en hoe dit ons alledaagse lewe kan raak.

Ons belewenis is groot genoeg dat jy kan kom ondersoek instel sonder om blootgestel te voel en klein genoeg dat jy raakgesien sal word, indien jy wou.

Ons Visie

Ons visie is om ‘n verskil te maak in mense se lewens deur hulle te begelei om ten volle toegewyde Jesus-volgelinge te wees. 

Hierdie proses begin by EVANGELISASIE (uitreik na almal wat soekend is), dan die proses van DISSIPELSKAP (wat jou wys hoe om Jesus te volg) en dan RENTMEESTERSKAP (waar ek besef ek is ‘n bestuurder van die tyd, gawes, talente en geld wat God my gegee het).

Evangelisasie

Dissipelskap

Rentmeesterskap

Ons Span

Die Here het werklik Waterkloof AGS gesëen met ‘n wonderlike, diverse span wat uitverkoop is aan dien en om die koninkryk van God uit te brei.

Wil jy meer weet?

Indien jy meer wil weet of wil sien van ons gemeente is jy welkom om ons sosiale media netwerke te besoek. Ons Facebook en Instagram bevat al die dag-tot-dag nuus en gebeure van ons gemeente en op ons YouTube kanaal kan jy na die preke kyk.

I stand at the door and knock. If anyone hears my voice and opens the door, I will come in to him and eat with him, and he with me

WORD DEEL VAN DIE FAMILIE