Uitreike

Ons gemeente reik ‘n paar keer per jaar uit na Sonskynhoekie Sorgsentrum en plot 101 Moloto nedersetting. Die gemeenskappe word gekenmerk deur armoede en werkloosheid, met gepaardgaande sosiale probleme. 

Tydens die uitreike word  voedselvoorrade, klere, komberse en huishoudelike artikels geskenk aan hierdie behoeftige mense.

Ons benodig klere vir mans, vroue, tieners en kinders.

Komberse vir die winter is ook baie welkom.

Ons benodig nie-bederfbare kos wat ons kan bymekaar maak en bêre tot en met die uitreike.

Enige iets wat in jou pad staan by jou huis waarvan jy ontslae wil raak, is welkom om afgelewer te word by die kerk. Hierdie mense het nie veel nie en enige iets, hoe gering dit ookal is, kan ‘n groot verskil maak in hulle lewe.

Ons is ook betrokke by ‘n opkomende gemeente in Hammanskraal en met hierdie uitreike doen ons opleiding en evangelisasie. Ons het hier behoefte aan skryfbehoeftes.

Indien jy nog nie betrokke is by ons uitreike nie en jy wil betrokke raak, maak asseblief kontak met Jurie of Antoinette.

Kom vat hande saam met ons.

Jurie O’Connell 0832960509

Antoinette Cronje 0823708348