DIENamies

By DIENamies vrouebediening glo ons dat ons lewensverandering en lewensverryking kan bewerk deur te DIEN!

Ons vriendinne kuieraande, elke 2de Maandag van die maand, is aande waar ons heerlik saam eet en kuier en lewensveranderende vriendskappe bou terwyl ons geestelik verryk word.

Sondae is dit vir ons ’n voorreg om ons gemeente te DIEN met heerlike koffie en tee in ’n gesellige atmosfeer.

Dit is ook vir ons belangrik om ons gemeenskap te DIEN en ons reik ’n helpende hand uit waar en wanneer ons die geleentheid sien.

Indien jy meer wil weet van DIENamies is jy welkom om ons te kontak

Freda O’Connell- 083 709 8812

Anette Serfontein- 083 717 9693