CLIO Kinderkerk

CLIO staan vir “Christus Leef In Ons” en is Waterkloof AGS se kinderbediening.

“…Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.”

(Markus 10 :14 (AFR53)

By die kinderkerk leer ons die kindertjies van Jesus, God die Vader en die Heilige Gees. Ons leer die Woord en hoe dit ons toerus vir ‘n elke dag lewe as kind van God.

Hier by ons word daar van die ouderdom van 2jr tot 14 jr oue kinders na die Here gelei en stap ons graag ‘n pad saam met hulle in hul groei en ontwikkeling in hul verhouding met die Here. Daar word vir hulle ‘n omgewing geskep waar hulle veilig en geliefd voel en waar dit vir hul lekker is om saam met ander kindertjies van Jesus te leer.

Ons strewe is om in die relatiewe min tyd wat ons het saam met die kinders, groot impak te hê. Daar word baie aandag gegee aan die voorbereiding en aanbieding van kreatiewe lessies, aktiwiteite en projekte. Dit is vir ons belangrik dat kinders in hulle verskillende ouderdomsgroepe/vlakke van verstaan bedien word en sodoende ontvanklikheid verhoog.

Ons logo simboliseer “Die Boom van die lewe” met die handjies dié van die kindertjies wie elkeen uniek en spesiaal is. Die boom dra die vrugte van die Gees wat vergestalt word en groei in die harte van hierdie kindertjies wat die Here dien.

Psalm 1:1-3 sê: “die wat God se woord oordink dag en nag is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrug dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hul is voorspoedig in alles wat hul aanpak.”

Ons personeel dra op Sondae hierdie hempies. Die handjies wat so op die voorkant van die hempie gedruk is simboliseer ons as personeel se toeganklikheid om enige kind op welke vlak ookal met Jesusliefde te bedien en ook dat die kinders die vrymoedigheid sal hê om dit wat in hul hart, hul gees is en ontwikkel, te deel; watter vrae, vrese, onsekerhede, behoeftes en begeertes dit ookal mag wees.

Ons personeel het ‘n opregte belangstelling in die kinders, hulle is daarop ingestel om die kinders te leer ken en ‘n verhouding met hulle te bou. Mens kan eers inspraak lewer in ‘n kind se lewe as daar vertroue is, daarom moet daar op ‘n gereelde basis interaksie wees.

Ouers word aangemoedig om hul kinders gereeld kinderkerk toe te bring!

Ons visie:

Kinders se harte behoort aan Jesus, hul leef Jesus elke dag en bly deelnemende lede van die liggaam van Christus in hulle lewe na kinderkerk.

Hier by Clio vestig ons ‘n grondslag vir hulle geloof in Jesus om pos te vat, te ontwikkel en te groei.

Indien jy graag meer wil weet van ons Clio bediening is jy welkom om Antoinette Cronje te kontak by 082 370 8348.