By Waterkloof AGS is daar verskillende bedieninge waarby jy kan inskakel. Of dit nou van kinders, tieners of seniors is, maak ons seker dat daar iets vir almal is wat in die gemeente is. Ons wil jou aanmoedig om ‘n bediening te identifiseer waarby jy gemaklik voel en waarby jy voel asof jy inpas.

Gee Jou Tyd

‘n Suksesvolle gemeente is gedryf deur mense wat hard werk in die agtergrond. Indien jy ‘n bediening identifiseer waarby jy sou wou betrokke raak is jy meer as welkom om ons te kontak. Ons sal jou graag help om die perfekte plek te identifiseer waar jy jou tyd kan gee vir die gemeente en die Here.

LEER MEER

Word Deel Van Die Familie

Indien jy meer wil weet van ‘n spesifieke bediening is jy welkom om deur die lys te gaan of om die kerkantoor te kontak.